Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Saterdag, 6 Januarie 2024
Hier is tans 113 838 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding • Hulp • Kontak Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Nasa-Satellietbeeld van Tsjeggië.

Tsjeggië (Tsjeggies: Česko, [ˈtʃɛsko], ), amptelik die Tsjeggiese Republiek (Česká republika, [ˈtʃɛskaː ˈrɛpuˌblɪka], ), is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa. Dit is die westelike deel van die voormalige Tsjeggo-Slowakye. Dit grens in die weste en noordweste aan Duitsland, in die noordooste aan Pole, in die ooste aan Slowakye en in die suide aan Oostenryk. Die hoofstad en grootste stad is Praag. Die land bestaan uit die historiese gebiede van Boheme in die weste en Morawië in die ooste, wat deur 'n uitgestrekte plato, die Boheems-Morawiese Hoogland, van mekaar geskei word, asook dele van Silesië (die vroeëre Oostenryks-Silesië, tans meestal Tsjeggies-Silesië genoem). Hulle vervul tans geen administratiewe funksie meer nie omrede die federale tradisies van die voorloperstaat Tsjeggo-Slowakye nie voortgesit word nie. Die Tsjeggiese Republiek is sedert 1999 lid van NAVO en sedert 2004 lid van die Europese Unie.

Ná die Slag van Mohács in 1526 het die Tsjeggiese lande onder die heerskappy van die Huis van Habsburg geval. Dit het later deel geword van die Keiserryk Oostenryk en Oostenryk-Hongarye.

Die onafhanklike Tsjeggo-Slowaakse Republiek is in 1918 gevorm ná die ineenstorting van die Oostenryk-Hongaarse ryk as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog. Ná die München-ooreenkoms, Duitse besetting, die daaropvolgende Westerse trouebreuk in die ooreenkomste van die Verdrag van Versailles, en dankbaarheid vir die bevryding van die grootste deel van Tsjeggo-Slowakye deur die Rooi Leër, het die Kommunistiese Party van Tsjeggo-Slowakye 'n meerderheidsoorwinning (38%) in die verkiesing van 1946 behaal. In 'n staatsgreep het die land in 1948 'n kommunistiese staat geword.

In 1968 het groterwordende ontevredenheid met die regering tot pogings gelei om die kommunistiese bewind te hervorm. Die gebeurtenisse, wat as die Praagse Lente van 1968 bekend staan, is beëindig met 'n inval deur die magte van die Warskouverdraglande (met uitsluiting van Roemenië); die troepe het tot die sogenaamde Fluweelrewolusie in 1989 in die land gebly, toe die kommunistiese bewind ineengestort het. In 1993 het Tsjeggo-Slowakye vreedsaam in sy samestellende state, Tsjeggië en Slowakye, verdeel.

...lees verder

In die nuus
Tartu
Tartu

Het u geweet...


... dat Tafelberg die enigste aardkenmerk is waaraan 'n sterrebeeld se naam ontleen is? Mensa, wat "tafel" beteken, is 'n sterrebeeld van die Suidelike Halfrond wat taamlik laat afgebaken is en dus geen antieke mitologie het nie.

...dat die Skewe Toring van Pisa nooit regop gestaan het nie? Kort nadat met die bou van die toring begin is, het die fondament oneweredig gesink. Die bouwerk is stopgesit en eers 100 jaar later hervat, maar die gebou het skeef bly staan.

... dat die koffiebone waarmee koffie gemaak word nie regtig boontjies is nie? In werklikheid is hulle die sade van die vrugte van die koffieplant.

...dat die Honderdjarige Oorlog nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk.

...dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie?

Vandag in die geskiedenis

6 Januarie: Driekoningedag in die Rooms-Katolieke Kerk.

Samuel Morse
Samuel Morse

Voorbladbeeld
Oorlogsplakkaat vir die Verenigde Nasies, geskep in 1943 deur die Amerikaanse Kantoor van Oorlogsinformasie.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika • Namibië • Botswana • Eswatini • Lesotho • Mosambiek • Zimbabwe

Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië

Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika

Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne

Geskiedenis
Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs • Argitektuur • Dans • Letterkunde • Mitologie • Griekse mitologie • Mode • Museums • Musiek • Rolprente • Taal • Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede • Diere • Plante

Religie
Agnostisisme • Baha'i • Boeddhisme • Christendom • Gnostisisme • Hindoeïsme • Islam • Judaïsme • Mitologie • New Age • Paganisme • Politeïsme • Satanisme • Sikhisme • Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens • Vervoer

Taal
Kunsmatige taal • Natuurlike taal • Taalfamilies • Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie • Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie • Chemie • Filosofie • Fisika • Natuurwetenskap • Sielkunde • Sosiologie • Sterrekunde • Wiskunde

Artikelindeks • Kategorieboom • Lyste • Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål)‬ • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk)‬ • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering