JavaScript

JavaScript (JS) is 'n multiparadigma-programmeertaal wat verskeie style ondersteun, insluitend objekgeoriënteerde, funksionele, prototipegebaseerde en gebeurtenisgedrewe programmering. Die meerderheid webblaaiers gebruik en ondersteun die taal. Javascript laat webbladsye toe om interaktief op te tree (dit wil sê die bladsy verander gebaseerd op die gebruiker se toevoer of ander gebeurtenisse).
JavaScript word gereeld met die Java-programmeertaal verwar, veral omdat beide tale algemeen vir webtoepassings gebruik word. Alhoewel die tale sommige sintaktiese elemente deel (wat hulle ook in gemeen het met C, het JavaScript heelwat meer met funksionele programmeertale as met Java in gemeen.
Javascript is eers net gebruik deur webblaaiers maar is verder ontwikkel om ook werk vir die bediener te doen (veral deur Node.js).
Javascript Frameworks word ook nou gebruik vir statiese webblaaiers (deur biblioteke soos Angular, ReactJS en VueJS) as ook selfoon toepassings, deur gebruik van React Native.
Kenmerke van JavaScript[wysig | wysig bron]
Universele ondersteuning[wysig | wysig bron]
Alle moderne webblaaiers ondersteun Javascript. Voorheen moes gebruikers in die <script>-etiket aandui watter taal gebruik word, maar dit is nie meer nodig nie.
Taalstruktuur[wysig | wysig bron]
JavaScript ondersteun baie van die standaardstrukture vanuit C (if-stellings, while-lusse, switch-stellings ens.). Dit verskil wel wat die strekking (Engels: scope) van veranderlikes betref (met ander woorde waar in die kode veranderlikes/funksies sinvolle betekenis het). Soos in C is daar onderskeid tussen uitdrukkings en stellings.